Ecclesiastes 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons die uiteinde van die hele saak hoor: Vrees God en bewaar sy gebooie, want dit is die hele plig van die mens.
Afrikaans (NLV) 2011 Na alles wat jy gehoor het, is dit die finale slotsom: Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra.
Afrikaans 1933/1953 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
Afrikaans 1983 Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die slotsom is, nadat alles gehoor is: Betoon ontsag vir God en kom sy gebooie na; dit geld immers die hele mensdom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy klaar na alles geluister het, dan moet jy dít onthou: Jy moet vir God respekteer en jy moet Hom dien. Jy moet doen wat Hy sê, want Hy sê dit vir elke mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een ding bly nog oor, en dit is dat almal God moet vrees en sy voorskrifte moet gehoorsaam.