Ecclesiastes 12:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En verder, hierdeur, my seun, word vermaan: aan die maak van baie boeke is daar geen einde nie; en baie studie is 'n vermoeidheid van die vlees.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees verder versigtig, my kind: Aan die skryf van baie boeke kom daar geen einde nie. En deur baie te studeer, ooreis jy jou liggaam.
Afrikaans 1933/1953 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.
Afrikaans 1983 Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bo en behalwe alles, nog dit: My seun, wees gewaarsku: Aan die skryf van baie •boekrolle kom daar geen einde nie, en baie studie is uitputtend vir die liggaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het al hierdie dinge vir jou gesê, maar ek wil ook nog dít sê: My seun, jy moet versigtig wees, 'n mens maak nooit klaar wanneer jy baie boeke wil skryf nie, en as jy baie hard werk om die boeke te skryf, dan sal jy baie moeg word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Prediker het gesê: “My seun, aan boeke skryf kom daar nooit ’n einde nie. Baie studie put ’n mens uit.”