Ecclesiastes 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woorde van die wyse mense is soos prikkels en soos spykers wat vasgemaak word deur die leiers van gemeentes, wat van een herder gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die woorde van wyse mense is soos skerp stokke, versamelde spreuke soos spykers wat ingeslaan is. Dit is deur een Herder gegee.
Afrikaans 1933/1953 Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.
Afrikaans 1983 Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die woorde van wyses is soos skerp stokke; soos spykers wat ingeslaan is, is die hoofgedagtes van 'n versameling. Hulle is deur een Herder gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dinge wat wyse mense sê, is soos skerp stokke, dit is soos spykers wat hulle diep inslaan. Dit is een Herder wat vir ons die wyse mense gee wat spreuke bymekaarmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy woorde was soos ’n skerp stok waarmee ’n mens diere aanjaag. En sy spreuke was soos spykers wat voortdurend ingeslaan moet word. Sy woorde was betroubaar omdat dit van God af kom.