Ecclesiastes 12:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die prediker het gesoek om aanneemlike woorde te vind, en wat geskrywe is, was reg, woorde van waarheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Prediker het die regte woorde probeer kies, en die waarheid getrou neergeskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is -- woorde van waarheid. |
| Afrikaans 1983 | Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Prediker het daarna gestreef om gepaste woorde te vind, wat eerlik neergeskryf is – waar woorde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Prediker het probeer om woorde te gebruik waarvan mense sal hou, en hy het die dinge presies reg neergeskryf, dinge wat altyd waar sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het probeer om fyn te formuleer en dinge te beskryf soos dit was. |