Ecclesiastes 12:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink nou aan jou Skepper in die dae van jou jeug, terwyl die slegte dae nie kom en die jare nie nader nie, as jy sê: Ek het geen behae daarin nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou jou Skepper terwyl jy jonk is, later kom daar moeilike tye waarvan jy sal sê: “Ek geniet dit nie.”
Afrikaans 1933/1953 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie --
Afrikaans 1983 Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het daar niks aan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dink aan jou Skepper in jou jong dae, voordat die dae van teenspoed kom, en jare aanbreek waarvan jy sal sê, “Vir my is daar geen vreugde in nie”;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet dink aan God wat jou gemaak het, jy moet nóú aan Hom dink terwyl jy jonk is, voordat daar slegte dae kom en die jare kom wanneer jy sal sê: “Ek hou nie van hierdie tyd nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink aan God wat jou geskep het terwyl jy nog jonk is. Voordat die swaar dae kom en jy sal sê: “Die lewe is nie meer lekker nie.”