Ecclesiastes 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verheug jou, o jongman, in jou jeug; en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jeug, en wandel in die weë van jou hart en in die aanskoue van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gereg sal bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jong man, geniet jou lewe terwyl jy jonk is, vind vreugde in jou jeug en wat jy ook al sien. Doen wat jy graag wil doen, maar onthou net: God sal van jou rekenskap eis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring. |
| Afrikaans 1983 | Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verheug jou, jong man, in jou jeug; jou hart moet jou vrolik maak in jou jong dae. Volg die paaie van jou hart en waarheen jou oë jou lei; maar weet: Oor al hierdie dinge sal God jou voor die gereg bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jongmens, jy moet die lewe geniet terwyl jy nog 'n kind is, dit moet vir jou lekker wees om jonk te wees. Jy moet doen wat jy graag wil doen, maar jy moet onthou dat God jou sal oordeel oor alles wat jy doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jongmens, geniet daarom jou lewe en wees altyd gelukkig. Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit. Doen waarvan jy hou. Maar onthou, God sal jou nog oordeel. Jy sal aan Hom rekenskap moet gee van alles wat jy doen. |