Ecclesiastes 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as iemand baie jare lewe en hom oor almal verheug; laat hom tog dink aan die dae van duisternis; want hulle sal baie wees. Al wat kom, is nietigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ongeag hoe lank jy lewe, geniet elke oomblik daarvan. Maar onthou die donker dae, want hulle sal baie wees. Tog is alles wat kom, sinloos. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in die almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid. |
| Afrikaans 1983 | As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, as die mens baie jare leef, moet hy hom in hulle almal verheug; maar hy moet onthou dat die donker dae baie gaan wees. Alles wat kom, is sinloos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, as 'n mens lank lewe, dan moet hy elke jaar van sy lewe geniet, maar hy moet daaraan dink dat die donker tyd ook lank sal wees, die tyd wanneer hy dood sal wees. Alles wat later kom, sal nie reg wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand lank leef en oud word, moet hy die lewe geniet. Hy moet egter ook aan die dood dink en onthou dat die tyd na die dood lank gaan duur. Alles is sinloos. Daar is niks om na uit te sien nie. |