Ecclesiastes 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Saai jou saad in die môre, en in die aand moet jy jou hand nie terughou nie, want jy weet nie of dit voorspoedig sal wees nie, of dit of dat, en of hulle albei eenders goed sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie. Jy weet nie watter een suksesvol sal wees, en of al twee saam ’n goeie oes sal lewer nie.
Afrikaans 1933/1953 Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.
Afrikaans 1983 Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saai in die môre jou saad, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nie watter een gaan slaag nie, hierdie of daardie, en of beide goed sal wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet in die oggend jou saad op die land saai en jy moet aanhou saai tot die aand, want jy weet nie watter saad goed sal groei nie. Jy weet nie of dit goed sal gaan met die saad wat jy in die oggend gesaai het of met die saad wat jy in die middag gesaai het nie. Jy weet ook nie of al die saad goed sal groei nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saai in die oggend, maar ook in die aand, want jy weet nooit watter van die twee gaan opkom nie.