Ecclesiastes 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos jy nie weet wat die weg van die gees is en ook nie hoe die gebeente opgroei in die moederskoot van haar wat swanger is nie, so ken jy ook nie die werke van God wat alles maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.
Afrikaans 1933/1953 Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
Afrikaans 1983 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos wat jy nie weet watter weg die gees volg in die gebeente binne die buik van 'n swanger vrou nie, net so ken jy nie die werk van God wat alles doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy weet nie hoe die wind sal waai nie en jy weet nie hoe die bene van 'n baba in die liggaam van 'n swanger vrou kom nie. Dit is dieselfde: Jy weet nie wat God sal doen nie, God wat alles maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos jy nie weet hoe lewe in ’n vrou wat verwag se buik ontstaan nie, net so min verstaan ’n mens die werk van God.