Ecclesiastes 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die wolke vol reën is, maak hulle hulleself leeg op die aarde; en as die boom val na die suide of na die noorde, op die plek waar die boom val, daar sal hy wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As wolke vol water is, val daar reën op die aarde. Of ’n boom nou suid val of noord, dit bly lê waar dit geval het.
Afrikaans 1933/1953 As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as 'n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar bly hy lê.
Afrikaans 1983 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as 'n boom val, na die suide of na die noorde – waar die boom moet val, daar sal dit val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die wolke vol water is, dan reën dit op die aarde totdat die wolke leeg is. Wanneer 'n boom val, dan bly die boom lê daar waar dit geval het, dit maak nie saak of dit na die noorde of na die suide val nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles is vooraf bepaal. As die wolke vol reën is, sal hulle dit op die aarde uitgiet. En as ’n boom afgekap word, sal dit op die bestemde plek val. Of dit nou noord of suid is, maak nie saak nie. Dit sal op die regte plek val.