Ecclesiastes 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verwyder daarom droefheid uit jou hart en verwyder die kwaad uit jou vlees, want kinderjare en jeug is nietigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Vermy bekommernis, dit sal jou liggaam gesond hou. Ook die jeug en jonkheid is sinloos.
Afrikaans 1933/1953 En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Afrikaans 1983 Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Weer kwelling uit jou hart en hou lyding weg van jou liggaam, want die jeug en die bloei van die lewe is sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie bekommerd wees nie, oor niks nie. Jy moet alles weghou van jou wat jou kan laat swaarkry, want die tyd om jonk te wees, is ook nie soos dit moet wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jongmens, verban alle verdriet en pyn uit jou hart, want ’n mens is nie vir altyd jonk nie. Jonkwees kom ook tot niks.