Ecclesiastes 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n kuil grawe, sal daarin val; en wie 'n heining breek, 'n slang sal hom byt. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy ’n gat grawe, val jy dalk self daarin. En as jy ’n muur afbreek, pik ’n slang jou dalk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt. |
| Afrikaans 1983 | Wie 'n sloot grawe, val self daarin, wie 'n muur afbreek, word deur 'n slang gepik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie 'n put grawe, kan self daarin val; en wie 'n muur afbreek – 'n slang kan hom pik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand 'n gat grawe, dan sal hy miskien self daarin val, wanneer iemand 'n muur begin afbreek, dan sal 'n slang hom miskien pik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie ’n gat vir iemand anders grawe, kan self daarin val. Wie ’n muur afbreek, kan deur ’n slang gepik word. |