Ecclesiastes 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As die gees van die owerste teen jou opstaan, moet jy jou plek nie verlaat nie; want dit bring groot oortredinge tot bedaring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die koning vir jou kwaad is, moenie jou pos verlaat nie. Rustigheid voorkom groter foute. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute. |
| Afrikaans 1983 | As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die heerser sy humeur teenoor jou verloor, moenie jou pos verlaat nie, want kalmte maak ernstige oortredings onskadelik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n persoon wat regeer, kwaad word vir jou, dan moet jy op jou plek bly en jou werk doen, want as jy kalm bly, dan sal jy nie dinge doen wat baie verkeerd is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die regeerder hom vir jou vererg, moet jy nie jou goed vat en loop nie. Bly eerder kalm sodat die situasie nie vererger nie. |