Ecclesiastes 10:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vloek die koning nie, nee nie in jou gedagtes nie; en vervloek die rykes nie in jou slaapkamer nie, want 'n voël van die hemel sal die stem uitdra, en die wat vlerke het, sal dit vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie sleg praat van die koning nie, nie eens in jou gedagtes nie. En moenie ryk mense vloek nie, nie eens in jou slaapkamer nie. Die voëls kan oorvertel wat jy sê, hulle wat vlerke het, kan jou woorde oordra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee. |
| Afrikaans 1983 | Moenie die koning verwens nie, nie eens in jou gedagte nie, moenie die ryke verwens nie, nie eens in jou slaapkamer nie; die voëltjies kan oorvertel wat jy gesê het, hulle kan jou woorde oordra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs in jou gedagte moet jy die koning nie vervloek nie, en selfs in jou slaapkamer moet jy 'n ryke nie vervloek nie. Want die voëls van die hemel kan die geluid wegdra, 'n gevleuelde kan dalk 'n woord oordra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie die koning vervloek nie, jy moet nooit dink om dit te doen nie. Jy moenie 'n ryk mens vervloek nie, ook nie as jy alleen in jou slaapkamer is nie. Hoekom? Want 'n voëltjie kan gaan vertel wat jy gesê het, enige iets wat vlieg, kan dit vir hom gaan sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie die koning selfs eens in jou gedagtes kritiseer nie. En moenie die magtiges eens in jou slaapkamer slegsê nie, want die voëltjies kan dit dalk hoor en jou woorde aan hulle gaan oorvertel. |