Ecclesiastes 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is jy, o land, as jou koning die seun van edeles is, en jou vorste eet op die regte tyd, tot krag en nie vir dronkenskap nie! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gelukkig is die land wie se koning ’n edelman is en wie se amptenare op die regte tyd feesvier met selfbeheersing, en nie met dronkenskap nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die land waarvan die koning vir homself kan besluit en waar amptenare op die regte tyd feesvier, met selfbeheersing en nie met 'n drinkery nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is jy, land, as jou koning van edeles afstam, en jou hoë amptenare op die regte tyd feesvier, met selfbeheersing en nie met 'n gedrink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Land is gelukkig as sy koning uit 'n belangrike familie kom en as sy amptenare op die regte tyd eet en drink om sterk te word, nie om dronk te word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig is die land wie se koning die regte dinge doen en wie se leiers op die regte tyd met die fees begin en dit met waardigheid en sonder dronkgelag kan vier. |