Ecclesiastes 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die moeite van die dwase maak elkeen van hulle moeg, omdat hy nie weet hoe om na die stad te gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Dwaas se werk maak hom moeg. Hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Die dwaas put homself uit met wat hy doen; hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die inspanning van 'n dwaas maak hom moeg, hy wat nie weet hoe om die stad te bereik nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Dwaas word baie moeg wanneer hy iets doen, en hy weet nie hoe hy weer in die stad kan kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dwaas maak hom so moeg met sy gepraat dat hy nie eens die pad huis toe kan kry nie. |