Ecclesiastes 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook 'n dwaas is vol woorde; 'n mens kan nie sê wat sal wees nie; en wat sal ná hom gebeur, wie kan hom dit vertel?
Afrikaans (NLV) 2011 Dwase praat sonder ophou, maar niemand weet wat sal gebeur nie, en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.
Afrikaans 1933/1953 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat nhom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?
Afrikaans 1983 Die dwaas praat aanmekaar, maar geen mens weet wat sal gebeur nie, en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die dwaas het soveel te sê! Die mens weet nie wat sal gebeur nie; wat ná hom gaan gebeur – wie kan hom daaroor inlig?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar 'n dwaas praat en praat. Niemand weet wat later sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê wat later sal gebeur? Niemand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Dwaas praat aanmekaar, maar niemand weet wat môre of na die dood gaan gebeur nie. Daarom is dit beter om stil te bly.