Ecclesiastes 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dooie vlieë laat die salf van die apteker 'n stinkende geur uitstuur; so ook 'n bietjie dwaasheid vir hom wat bekend is vir wysheid en eer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dooie vlieë laat selfs parfuum sleg ruik. So weeg ’n bietjie dwaasheid baie meer as wysheid en eer.
Afrikaans 1933/1953 Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
Afrikaans 1983 Dooie vlieë laat salf stink en gis, 'n bietjie dwaasheid doen meer kwaad as wat wysheid en eer goed doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Dooie vlieg laat die olie van 'n salfmenger stink en gis; 'n bietjie dwaasheid het groter gevolge as wysheid, as eer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dooie vlieë laat lekkerruik-olie stink en sleg word. Wanneer iemand 'n bietjie dom is, dan beteken sy wysheid min, en mense sal hom minder respekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dooie vlieë wat in ’n apteker se medisyne beland, kan dit alles laat sleg word sodat dit begin stink. So maak ’n dwase mens ook. Met net ’n bietjie dwaasheid kan hy ’n goeie naam deur die modder sleep.