Deuteronomy 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onthou en vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie: van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat jy by hierdie plek gekom het, was julle opstandig teen die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou en moenie vergeet hoe julle die Here julle God in die woestyn kwaad gemaak het nie. Vanaf die dag dat julle uit Egipte getrek het tot nou toe was julle gedurig teen Hom in opstand.
Afrikaans 1933/1953 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.
Afrikaans 1983 “Moenie vergeet hoe julle die Here julle God kwaad gemaak het in die woestyn nie. Vandat julle uit Egipte weggetrek het totdat julle hier op hierdie plek aangekom het, was julle die hele tyd in opstand teen die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Onthou, ja, moenie vergeet nie – jy het die Here jou God vertoornd gemaak in die woestyn. Van die dag dat jy uit Egipteland weggetrek het totdat julle op hierdie plek aangekom het, was julle voortdurend in opstand teen die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie vergeet nie, julle moet onthou dat julle vir julle God die Here kwaad gemaak het in die woestyn. Julle was opstandig teen die Here, van daardie dag af toe julle uit die land Egipte gekom het totdat julle op hierdie plek aangekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle moet nooit vergeet hoe kwaad julle die Here in die woestyn gemaak het nie. Vandat julle uit Egipte weg is tot hier in die vlakte van Bet-Peor het julle julle nog net teen die Here verset.