Deuteronomy 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verstaan dan dat die HERE jou God jou hierdie goeie land nie gee om dit in besit te neem ter wille van jou geregtigheid nie; want jy is 'n hardnekkige volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal dit weer sê: Die Here jou God gee hierdie goeie land nie aan jou omdat jy so regverdig is nie, want jy is dit nie — jy is ’n hardkoppige volk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet goed onthou dat die Here jou God nie hierdie goeie land vir jou gee om in besit te neem omdat jy volmaak is nie. Jy is 'n hardkoppige volk.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet besef dat dit nie op grond van jou regverdigheid is dat die Here jou God vir jou hierdie goeie land gaan gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit weet, die Here gee hierdie goeie land vir julle sodat julle dit vir julleself kan vat, maar Hy doen dit nie omdat julle reg gedoen het nie, want julle is 'n hardkoppige volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou dan, die Here gee jou nie hierdie goeie, vrugbare land omdat jy kwansuis so goed is nie. Eintlik is jy hardkoppig en vol van jouself.” |