Deuteronomy 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek jy nie in jou hart nadat die HERE jou God hulle voor jou uit verdryf het nie, deur te sê: Ter wille van my geregtigheid het die HERE my ingebring om hierdie land in besit te neem, maar weens die boosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle uit van voor jou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer die Here jou God dit vir jou gedoen het, moet jy nie sê: ‘Die Here het hierdie land gegee omdat ons so regverdig is’ nie. Nee, dit is as gevolg van die goddeloosheid van die ander nasies dat Hy dit gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.
Afrikaans 1983 “Wanneer die Here jou God hulle verdryf het, moet jy nie sê: ‘Die Here het my hierdie land in besit laat neem omdat ek volmaak is’ nie, want die Here het hierdie nasies verdryf omdat hulle so goddeloos is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer die Here jou God hulle voor jou verjaag, moet jy nie in jou hart sê, op grond van my regverdigheid het die Here my in hierdie land ingebring om dit in besit te neem nie. Dit is omdat hierdie nasies goddeloos is dat die Here hulle voor jou uit verdryf,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle God die Here sal hulle wegjaag om plek te maak vir julle, maar dan moet julle nie dink dat die Here julle gebring het om hierdie land vir julleself te vat omdat julle reg gelewe het nie. Nee, hierdie volke het verkeerd gedoen, en daarom sal die Here hulle wegjaag om plek te maak vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die Here almal voor jou uitgejaag het, moet jy nie skielik te veel van jouself begin dink nie. Moenie sê jy het die land gekry omdat jy so goed is nie. Nee, die Here het die nasies uitgeroei omdat hulle so sleg was.