Deuteronomy 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verstaan dan vandag dat die HERE jou God dit is wat voor jou oortrek; soos 'n verterende vuur sal Hy hulle vernietig en hulle voor jou aangesig neerwerp; dan moet jy hulle verdryf en hulle gou vernietig, soos die HERE aan jou gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar jy moet weet die Here jou God gaan voor jou uit trek soos ’n vuur wat alles verbrand. Hy sal hulle vernietig en aan jou onderwerp sodat jy hulle gou sal oorwin en uitdryf, net soos die Here jou belowe het.
Afrikaans 1933/1953 Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.
Afrikaans 1983 Maar onthou: die Here jou God gaan voor jou uit deur die Jordaan. Hy is 'n verterende vuur. Hy sal die Enakiete oorweldig en aan jou onderwerp. Dan sal jy hulle kan verslaan en hulle gou uitwis soos die Here jou beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vandag weet dat die Here jou God, Hy wat voor jou oor die Jordaan gaan, 'n verterende vuur is. Hy self sal hulle uitdelg, ja, Hy self sal hulle voor jou verneder, sodat jy hulle sal verdryf en vinnig vernietig, soos wat die Here jou beloof het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar julle moet vandag weet dat dit julle God die Here is wat voor julle deur die rivier sal gaan, en Hy is soos 'n vuur wat brand. Dit is Hy wat die Enak-mense sal oorwin. Hy sal hulle voor julle verneder, Hy sal hulle wegjaag en Hy sal hulle vinnig laat verdwyn. Dit het die Here vir julle belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here jou God sal egter soos ’n groot vuur voor jou uittrek. Hy sal al hierdie volke voor jou vernietig. Binne ’n kort tydjie sal jy al die volke oorwin en die land beset. Dit sal gebeur soos die Here vir jou gesê het.