Deuteronomy 9:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die land waaruit U ons uitgelei het, nie sê nie: Omdat die HERE hulle nie in die land kon bring wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle gehaat het, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn dood te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As U hierdie volk nou gaan vernietig, sal die Egiptenaars sê: Die Here het hierdie volk vernietig omdat Hy nie in staat was om die land aan hulle te gee waarvan Hy gesweer het dat Hy dit vir hulle sal gee nie. Of hulle kan ook sê: Hy vernietig hulle omdat Hy hulle haat. Hy het hulle na die woestyn toe gevat om hulle daar om die lewe te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe! |
| Afrikaans 1983 | Waarom moet die mense van die land waaruit U ons laat trek het, sê: ‘Omdat die Here nie die Israeliete kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle laat wegtrek om hulle in die woestyn om die lewe te bring?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Anders sê die land waarvandaan U ons uitgelei het: “Omdat die Here hulle nie kon inbring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy 'n weersin in hulle het, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As U hulle laat sterf, dan sal die mense van die land waaruit U ons gebring het, sê: “Die Here kon hulle nie bring na die land wat Hy vir hulle belowe het nie, en Hy het hulle uitgebring om hulle in die woestyn te laat sterf omdat Hy hulle haat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As U hulle uitwis, sal die Egiptenaars net sê dit is omdat U hulle nie in die land kon inbring wat U aan hulle beloof het nie. Of dat U hulle so gehaat het dat U hulle doelbewus woestyn toe gevat het om hulle daar te laat doodgaan. |