Deuteronomy 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink aan u dienaars, Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardkoppigheid van hierdie volk of op hulle boosheid of op hulle sonde nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou eerder u dienaars Abraham, Isak en Jakob en sien maar die hardkoppigheid, opstandigheid en sonde van hierdie volk oor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie, |
| Afrikaans 1983 | Onthou tog u dienaars Abraham, Isak en Jakob. Moenie aandag gee aan die hardkoppigheid van hierdie volk nie, aan hulle opstandigheid en hulle sonde nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dink aan u diensknegte, aan Abraham, Isak en Jakob. Moet tog nie ag slaan op die hardkoppigheid van hierdie volk en op hulle oortredings en sonde nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet dink aan u dienaars, aan Abraham en Isak en Jakob. U moet wegkyk van hierdie hardkoppige volk, U moet wegkyk van die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, U moenie kyk na hulle sonde nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink aan Abraham, Isak en Jakob vir wie U lief was en vergeef Israel se hardkoppigheid en sonde. |