Deuteronomy 9:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het dan tot die HERE gebid en gesê: HERE HERE, vernietig u volk en u erfdeel wat U verlos het deur u grootheid wat U met 'n sterke hand uit Egipte uitgelei het, nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het tot die Here gebid en gesê: ‘O oppermagtige Here, moenie u eie volk vernietig nie. Hulle is u eiendom wat U uit Egipte verlos het deur u groot mag en wonderlike krag.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.
Afrikaans 1983 Ek het tot Hom gebid: Here my God, moet tog nie u volk vernietig nie. Hy is u eiendom, U het hom gered toe U hom deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte laat wegtrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het ek tot die Here gebid en gesê, ‘ Here my Heer, moet tog nie u volk, u eiendom wat U in u grootheid vrygekoop het en wat U uit Egipte uitgelei het met 'n sterk hand, uitroei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het tot die Here gebid en gevra: ‘Here, my Here, U moenie u volk almal doodmaak nie, hulle is u volk. U het hulle vir Uself losgekoop en U het hulle met u groot krag uit Egipte gebring, U is groot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ek het vir julle gebid en gesê: ‘Almagtige God, moet tog nie u eie mense uitwis nie. Moet tog nie die mense wat U so kragdadig uit Egipte se swaarkry gered het, verwoes nie.