Deuteronomy 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net so toe die HERE julle van Kades-Barnéa af gestuur het om te sê: Trek op en neem die land in besit wat Ek aan julle gegee het; toe was julle wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God, en julle het Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By Kades-Barnea het die Here julle weggestuur met hierdie bevel: ‘Trek op en neem die land wat Ek aan julle gee, in besit.’ Julle het teen die bevel van die Here julle God in opstand gekom en geweier om Hom te vertrou of te gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die HERE julle uit Kades-Barn,a gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het -- was julle wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God en het julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie. |
| Afrikaans 1983 | “Toe die Here julle van Kades-Barnea af weggestuur het, het Hy gesê: ‘Trek op en neem die land wat Ek vir julle gegee het, in besit.’ Maar julle het in opstand gekom teen die bevel van die Here julle God. Julle het nie op Hom vertrou nie en Hom nie gehoorsaam nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En toe die Here julle van Kades-Barnea af gestuur het met die woorde, ‘Trek op en neem die land in besit wat Ek vir julle gee,’ was julle opstandig teen die bevel van die Here julle God. Julle het Hom nie vertrou nie en nie na sy stem geluister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle was opstandig teen die Here toe Hy julle gestuur het van die stad Kades-Barnea en toe Hy vir julle gesê het: ‘Gaan vat die land wat Ek vir julle gee.’ Maar julle het nie geglo dat Hy sal doen wat Hy belowe het nie en julle het nie gedoen wat Hy gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En dan was daar ook nog die voorval by Kades-Barnea met die verkenners. Die Here het gesê julle kan maar die Beloofde Land binnetrek, maar julle het geweier. Julle wou nie die Here vertrou nie; daarom het julle nie na Hom geluister nie. |