Deuteronomy 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit gestamp en dit baie fyn gemaal totdat dit so klein was soos stof; en ek het die stof daarvan gegooi in die spruit wat daar uitgegaan van die berg.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, gevat en dit in vuur gesmelt en dit toe tot ’n fyn stof gemaal. Ek het die stof in die stroom gegooi wat bergaf vloei.
Afrikaans 1933/1953 En ek het julle sonde, die kalf wat julle gemaak het, geneem en dit met vuur verbrand en dit stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat dit so fyn soos stof was; en die stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom.
Afrikaans 1983 Ek het daardie gruwelike ding, die kalf wat julle gemaak het, gevat en in die vuur gegooi. Toe het ek dit stukkend geslaan en dit so fyn soos stof gemaal en dit in die spruit gegooi wat van die berg af kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die stuk sonde wat julle gemaak het, daardie kalf van julle, het ek gevat en verbrand. Ek het dit verbrysel en heeltemal fyngestamp, totdat dit so fyn was soos stof. Ek het die stof toe in die spruit gegooi wat van die berg af kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het groot sonde gedoen toe julle die kalfbeeld gemaak het, maar ek het die beeld gevat en verbrand en fyngestamp. Ek het dit gemaal totdat dit poeier was, en ek het die poeier gegooi in die riviertjie wat afkom teen die berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het ek daardie afskuwelike goue kalf gevat en dit in die vuur gesmyt. Toe het ek dit fyngemaal en die stof wat oorgebly het, in die berg se stroompie gegooi.