Deuteronomy 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek was bevrees vir die toorn en die brandende grimmigheid waarmee die HERE toornig op julle was om julle te vernietig. Maar die HERE het ook in dié tyd na my geluister.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was bang, want die woede van die Here was so erg dat Hy julle wou uitroei. Maar die Here het weer ’n keer na my geluister.
Afrikaans 1933/1953 Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my die keer ook verhoor.
Afrikaans 1983 Ek was bang, want die toorn, die gramskap van die Here, het so teen julle ontvlam dat Hy julle wou uitroei. Maar ook hierdie keer het die Here na my geluister.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, ek het gevrees vir die toorn en woede van die Here, wat so vertoornd was vir julle dat Hy julle sou uitdelg. Maar ook hierdie keer het die Here na my geluister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was baie bang dat die Here so kwaad was vir julle dat Hy julle almal sou doodmaak. Maar die Here het ook hierdie maal gedoen wat ek vir Hom gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was ook vir die Here se woede bang. In sy verskriklike woede wou Hy julle verwoes, maar gelukkig het Hy weer na my geluister.