Deuteronomy 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte; ek het nie brood geëet en geen water gedrink nie vanweë al julle sondes wat julle gesondig het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, om te terg hom tot woede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het voor die Here neergeval en vir 40 dae en 40 nagte voor Hom bly lê sonder om iets te eet of te drink. Ek het dit gedoen omdat julle gesondig het deur iets te doen wat die Here haat en wat Hom baie kwaad gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank -- brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie -- vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het ek, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank voor die Here gelê en gebid. Ek het niks geëet en gedrink nie oor die groot sonde wat julle gedoen het. Julle het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hom uitgetart. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het myself voor die Here neergewerp soos die eerste keer en veertig dae en nagte lank geen brood geëet en geen water gedrink nie, oor al julle sondes wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hom uit te tart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het voor die Here gaan lê, soos ek voorheen gedoen het. Ek het 40 dae en 40 nagte voor Hom gelê, ek het niks geëet of gedrink nie. Ek het dit gedoen oor die sonde wat julle gedoen het, die slegte ding wat julle gedoen het teen die Here om Hom te terg en kwaad te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het toe weer voor die Here neergebuig, soos die eerste keer toe ek 40 dae en nagte lank met Hom geworstel het. Soos die vorige keer het ek ook niks geëet en gedrink nie. Ek het met Hom geworstel omdat julle die Here diep teleurgestel en Hom kwaad gemaak het. |