Deuteronomy 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het gesien, en kyk, julle het teen die HERE julle God gesondig en vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gesien hoe julle daaronder teen die Here julle God gesondig het. Julle het ’n goue bulkalf gemaak. Hoe gou tog het julle nie afgedwaal van die pad wat die Here julle beveel het om te volg nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesien hoe julle teen die Here julle God gesondig het deurdat julle vir julle 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak het. Julle het baie gou weggedraai van die koers af wat die Here vir julle aangewys het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sien toe, julle het inderdaad gesondig teen die Here julle God. Julle het vir julle 'n kalf, 'n gegote beeld, gemaak! Julle het vinnig afgewyk van die pad wat die Here vir julle voorgeskryf het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gekyk en toe sien ek julle hét die sonde gedoen teen julle God die Here. Julle hét vir julle 'n kalfbeeld gemaak, julle hét gou opgehou om te lewe soos die Here vir julle gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En toe skielik sien ek dit. Voor my was die goue bulkalf wat julle gemaak het. Julle het sommer gou opgehou om God te dien. |