Deuteronomy 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat My staan, dat Ek hulle kan vernietig en hulle naam onder die hemel kan uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak, sterker en groter as hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moet My nie probeer keer om die volk te vernietig en hulle naam onder die hemel uit te vee nie. Ek sal egter van jou afstammelinge ’n sterk nasie maak, ’n nasie groter en sterker as hulle.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet My nie probeer keer nie. Ek wil hulle uitwis en hulle naam van die aarde af wegvee. Dan sal Ek jou 'n sterk nasie maak, groter as hulle.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat My begaan, sodat Ek hulle kan uitdelg en hulle naam onder die hemel uitwis. Ek sal jou dan 'n nasie maak wat magtiger en meer is as hulle.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet My los, Ek wil hulle almal doodmaak sodat niemand op die aarde hulle naam sal onthou nie. Dan sal Ek jou nageslag 'n volk maak wat sterker en meer is as hulle.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet My nie probeer keer nie, want Ek gaan hulle nou vernietig. Ek gaan hulle naam so uitwis dat niemand ooit weer van hulle sal praat nie. Dan sal Ek vir jou, Moses, die leier van ’n ander, beter en groter volk maak.’ |