Deuteronomy 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor, Israel, jy sal vandag deur die Jordaan trek, om in te gaan om nasies in besit te neem wat groter en magtiger is as jyself, stede groot en omhein tot aan die hemel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister, Israel! Jy staan vandag op die punt om deur die Jordaanrivier te trek om die land af te vat van nasies wat baie groter en sterker as jy is. Hulle woon in groot stede met mure wat hemelhoog is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor, Israel, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die hemel versterk is, |
| Afrikaans 1983 | “Luister, Israel, jy gaan nou deur die Jordaanrivier trek om nasies te gaan verdryf wat groter en sterker is as jy en om groot stede wat met hoë mure versterk is, te gaan verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Luister, Israel! Jy trek vandag oor die Jordaan om nasies wat groter en magtiger is as jy te gaan verdryf. Daar is groot stede wat hemelhoog versterk is; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Israeliete, julle moet luister! Julle gaan vandag deur die Jordaan-rivier om die land te gaan vat van volke wat groter en sterker is as julle. In daardie land is daar stede wat sterk en hoë mure het, die mure is so hoog soos die hemel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het ook vir die Israeliete gesê: “Israel, jy moet nou baie mooi luister. Jy staan op die punt om deur die Jordaan te trek en ’n nuwe land binne te gaan. Daar woon volke wat groter en sterker is as jy. Hulle stede is groot en met hoë mure omring. |