Deuteronomy 8:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Land waarin jy sonder skaars brood sal eet, niks sal jou daarin ontbreek nie; 'n land waarvan die klippe yster is, en uit wie se heuwels jy koper kan grawe.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is ’n land met ’n oorvloed van kos sonder enige gebrek. Dit is ’n land waar yster so algemeen soos klippe is en waar daar baie koper in die berge is.
Afrikaans 1933/1953 'n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; 'n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;
Afrikaans 1983 'n land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, 'n land waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n land waar jy nie in armoede brood sal eet nie, ja, waar jy geen gebrek sal hê nie; 'n land waar die klippe ystererts is en waar jy kopererts in die berge myn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is 'n land waar julle nie min kos sal hê nie, daar sal genoeg wees van alles. Dit is 'n land waar daar yster in die klippe is en waar julle koper uit die berge sal kan uitgrawe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n land waar daar nooit ’n skaarste aan brood sal wees nie en waarin jy niks sal kortkom nie; ’n land waar die klippe yster is en ’n mens koper sommer uit die berg kap;