Deuteronomy 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die nasies wat die HERE voor julle aangesig verdelg, so sal julle omkom; want julle wou nie gehoorsaam wees aan die stem van die HERE julle God nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net soos die Here ander nasies op jou pad vernietig het, sal Hy jou vernietig as jy nie na die stem van die Here jou God luister nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die HeRE julle God nie geluister het nie. |
| Afrikaans 1983 | Omdat jy dan nie gehoorsaam is aan die woord van die Here jou God nie, sal jy net so omkom soos die nasies vir wie die Here laat omkom het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos die nasies wat die Here voor julle vernietig, sal julle ook tot niet gaan, net omdat julle nie na die stem van die Here julle God geluister het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle ongehoorsaam is aan julle God die Here, dan sal julle sterf soos die volke wat Hy laat sterf het om plek te maak vir julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy nie na die Here luister nie, is dit klaarpraat met jou. Jy sal soos die nasies omkom wat Hy ter wille van jou uit jou nuwe land gaan jaag.” |