Deuteronomy 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet dink aan die hele pad wat die HERE jou God jou hierdie veertig jaar lank in die woestyn gelei het, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie wil onderhou of nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onthou die hele pad waarlangs die Here jou God jou 40 jaar lank deur die woestyn gelei het. Dit was om jou nederig te maak en jou te toets om te sien wat regtig in jou hart aangaan en of jy sy gebooie sal gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou hierdie veertig jaar in die woestyn gelei het om jou nederig te maak, om jou te toets, om uit te vind wat in jou hart leef: Sou jy sy gebooie nakom of nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle moet alles onthou wat julle God die Here met julle laat gebeur het toe julle 40 jaar in die woestyn was. Hy wou julle verneder, want Hy wou weet hoe julle voel. Hy wou weet of julle sal doen wat sy wette sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet altyd terugdink aan die 40 jaar wat verby is. Kyk altyd terug na die pad waarmee die Here jou deur die woestyn gelei het. Hy het jou swaar laat kry sodat jy nederig kon word en kon leer om sy voorskrifte te gehoorsaam. |