Deuteronomy 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy die HERE jou God enigsins vergeet en agter ander gode aan wandel en hulle dien en jou voor hulle neerbuig, dan betuig ek vandag teen jou dat julle gewis sal omkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar ek verseker jou: As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode volg en voor hulle neerbuig, sal jy verseker vernietig word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; |
| Afrikaans 1983 | “As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit dan wel sou gebeur dat jy die Here jou God vergeet en agter ander gode aanloop en hulle dien en voor hulle in aanbidding buig, dan waarsku ek julle vandag dat julle beslis tot niet sal gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle nou regtig julle God die Here vergeet en julle gaan dien ander gode en julle buig voor hulle, dan waarsku ek nou vir julle: Julle sal almal sterf, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy egter die rug vir die Here draai en ander gode begin dien, sal die Here jou vernietig. Dit sê Hy vandag baie duidelik vir jou. |