Deuteronomy 8:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar aan die HERE jou God moet jy dink, want dit is Hy wat jou die mag gee om rykdom te verwerf, om sy verbond te bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is. |
| Afrikaans 1983 | Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan moet jy die Here jou God onthou, want dit is Hy wat vir jou die krag gee om rykdom te verkry, sodat Hy sy verbond wat Hy aan jou voorvaders met 'n eed bevestig het, gestand kan doen soos dit vandag is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, julle moet onthou dat dit julle God die Here is wat vir julle die krag gegee het om alles bymekaar te maak. Hy het dit gedoen sodat die verbond altyd daar sal wees, die verbond wat Hy met julle voorvaders gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink altyd aan die Here, want dit is Hy wat jou gehelp het om ryk te word. Hy het dit gedoen omdat Hy tot vandag toe getrou is aan die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het. |