Deuteronomy 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat jou in die woestyn gevoed het met manna wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou op die proef te stel, om aan jou goed te doen aan jou einde;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir jou kos gegee met manna in die woestyn, kos wat jou voorouers nie geken het nie. Hy het dit gedoen om jou nederig te maak en om jou te toets sodat dit daarna weer met jou goed kan gaan.
Afrikaans 1933/1953 wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen --
Afrikaans 1983 en wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorvaders nie geken het nie. Hy het jou laat swaarkry om jou op die proef te stel en om agterna weer aan jou goed te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorouers nie geken het nie, om jou nederig te maak en jou te toets, om jou uiteindelik goed te behandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir julle manna in die woestyn gegee om te eet, manna is iets wat julle voorvaders nie geken het nie. Hy wou julle verneder om julle te toets, maar Hy wou later goed doen aan julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, die Here het vir jou manna in die woestyn gegee. Dit was iets wat jy en jou voorouers nie vantevore geken het nie. In die woestyn het Hy jou swaar laat kry, maar Hy was ook baie goed vir jou.