Deuteronomy 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat jou deur daardie groot en verskriklike woestyn gelei het, waarin vurige slange en skerpioene en droogte was, waar daar geen water was nie; wat vir jou water uit die klipsteen laat uitkom het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie vergeet dat dit Hy is wat jou gelei het deur die groot en verskriklike woestyn met sy giftige slange en skerpioene, en waar dit warm en droog is nie. Dit is Hy wat vir jou water uit die rots gegee het! |
| Afrikaans 1933/1953 | wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; |
| Afrikaans 1983 | Dit is Hy wat jou laat trek het deur hierdie groot en gevaarlike woestyn vol giftige slange en skerpioene, dit is Hy wat vir jou water uit die klipharde rots laat vloei het in hierdie dor land sonder water |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is Hy wat jou gelei het deur die groot en vreesaanjaende woestyn vol giftige slange en skerpioene, 'n dor land waar daar geen water is nie; Hy wat vir jou water uit klipharde rots laat kom het; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het julle deur die groot en gevaarlike woestyn gelei, die woestyn waar slange op die grond seil en ook vlieg, waar daar skerpioene is en waar alles droog is, daar is niks water nie. Hy het vir julle water laat uitkom uit die kliprots. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou, die Here het jou deur ’n groot en verskriklike woestyn gelei waar daar slange, wrede diere en skerpioene was. En in die droë streke was daar geen water nie, maar die Here het vir jou water uit ’n klipharde rots laat kom. |