Deuteronomy 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan word jou hart verhef en vergeet jy die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan is dit die tyd om versigtig te wees. Moenie hoogmoedig raak en dan vergeet dat dit die Here jou God is wat jou uit die slawerny van Egipte gered het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; |
| Afrikaans 1983 | en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dat jou hart dan nie hoogmoedig raak en jy die Here jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit 'n plek van slawerny, uitgelei het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet julle nie hoogmoedig word en julle God die Here vergeet nie. Hy het julle uit die land Egipte gebring, die land waar julle slawe was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet jy nie te selfvoldaan begin word en die Here wat jou uit die swaarkry van Egipte weggevat het, vergeet nie. |