Deuteronomy 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas op dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te onderhou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar pas op dat jy in jou oorvloed nie die Here jou God vergeet en ongehoorsaam raak aan sy gebooie, bepalings en voorskrifte nie.
Afrikaans 1933/1953 Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;
Afrikaans 1983 Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet deurdat jy nie gehoorsaam is aan sy gebooie en bepalings en voorskrifte wat ek jou vandag gee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wees versigtig dat jy nie die Here jou God vergeet deur nie sy gebooie, sy beslissings en vaste voorskrifte wat ek vandag vir jou voorskryf, na te kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet versigtig wees, julle moenie julle God die Here vergeet nie, julle moet doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sorg dat jy nooit die Here vergeet nie. En moet nooit ophou om volgens sy wil te leef nie. Luister goed na alles wat ek jou vandag vertel.