Deuteronomy 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle onderhou om te doen, dat julle kan lewe en vermeerder en ingaan en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gehoorsaam stiptelik al die gebooie wat ek jou vandag gee. Jy sal dan lewe en baie word. Jy sal die land binnegaan wat Ek met ’n eed aan jou voorouers beloof het en dit in besit neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet elke gebod wat ek jou vandag gee, gehoorsaam en daarvolgens lewe. Dan sal jy bly lewe, baie word, die land ingaan en dit in besit neem soos die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Elke gebod wat ek vandag vir jou voorskryf, moet julle nougeset nakom, sodat julle kan leef en meer word en in die land ingaan wat die Here met 'n eed aan julle voorvaders beloof het, en dit in besit neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Julle moet gehoorsaam wees aan al die wette wat ek vandag vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle lewe en julle sal baie word. Julle sal die land vir julleself gaan vat, die land wat die Here vir julle voorvaders belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het verder vir hulle gesê: “Bêre alles wat ek jou vandag vertel diep in jou hart weg. En gaan doen dit. Dan sal jy nog lank leef en baie kinders hê. En jy sal ook die nuwe land kan binnegaan en daar gaan woon. |