Deuteronomy 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet dan dat die HERE jou God God is, die getroue God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, duisend geslagte lank;
Afrikaans (NLV) 2011 Verstaan daarom dat die Here jou God inderdaad God is. Hy is die getroue God wat sy verbond vir duisend geslagte hou. Hy hou nie op om dié mense lief te hê wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Afrikaans 1983 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet weet dat die Here jou God inderdaad God is, die betroubare God wat die verbond en troue liefde in stand hou vir duisende geslagte lank, vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet julle onthou dat julle God die Here die enigste God is. Hy is die God wat doen wat Hy belowe, die God wat sal doen wat Hy in sy verbond belowe het. Hy sal dit doen vir die mense wat lief is vir Hom en wat doen wat sy gebooie sê, Hy sal dit 1 000 geslagte lank doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Onthou altyd dat die Here jóú God is. Hy is getrou. Wie Hom liefhet, sal altyd die Here se verbondsliefde ervaar. Hy sal tot in die verste geslag vir mense bly omgee wat aan Hom getrou is.