Deuteronomy 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar omdat die HERE julle liefgehad het en omdat Hy die eed sou hou wat Hy aan julle vaders gesweer het, het die HERE julle met 'n sterke hand uitgelei en julle verlos uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was net omdat die Here jou liefgehad het en omdat Hy die eed wat Hy gesweer het aan jou voorouers nagekom het. Dit is die rede waarom die Here jou met sulke verstommende krag gered het uit die slawerny onder die farao in Egipte.
Afrikaans 1933/1953 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met 'n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Afrikaans 1983 Omdat die Here jou liefhet en Hy sy belofte nakom wat Hy met 'n eed bekragtig het aan jou voorvaders, het Hy jou deur sy groot krag laat wegtrek en jou bevry uit die plek van slawerny, uit die mag van die farao, die koning van Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nee, dit is omdat die Here julle liefgehad het en omdat Hy gebly het by die eed wat Hy vir julle voorvaders afgelê het dat die Here julle met 'n sterk hand laat wegtrek en julle vrygekoop het uit 'n plek van slawerny, uit die mag van die farao, die koning van Egipte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, die Here het julle gekies omdat Hy lief was vir julle en omdat Hy wou doen wat Hy vir julle voorvaders belowe het. Dit is hoekom die Here julle met sy groot krag gebring het uit die land waar julle slawe was, Hy het julle losgekoop van die farao, die koning van Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het jou gekies bloot omdat Hy lief is vir jou. Hy het aan sy beloftes aan Abraham, Isak en Jakob gedink. Dit is waarom Hy jou ook uit Egipte, waar jy baie swaargekry het, gaan haal het.”