Deuteronomy 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want jy is 'n heilig volk aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om vir Hom 'n besondere volk te wees, bo al die volke wat op die aarde is.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is immers ’n heilige volk wat aan die Here jou God behoort. Die Here jou God het jou uit al die volke op aarde gekies om sy eiendomsvolk te wees.
Afrikaans 1933/1953 Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
Afrikaans 1983 Jy is 'n volk wat vir die Here jou God afgesonder is. Vir jou het die Here jou God gekies om uit al die volke op die aarde sy eiendomsvolk te wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want jy is 'n heilige volk vir die Here jou God. Vir jou het die Here jou God gekies uit al die volke op aarde om as volk sy persoonlike eiendom te wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom? Julle moet dit doen omdat julle die gewyde volk van julle God die Here is. Dit is vir júlle wat julle God die Here gekies het uit die al die volke op die aarde, Hy het júlle gekies om sy eie volk te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Doen dit, want jy behoort aan die Here. Van al die volke op die aarde het die Here jou gekies en jou sy spesiale eiendom gemaak. Jy moet daarom anders as die ander volke leef.