Deuteronomy 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle sal jou seun van my af wegdraai, om ander gode te dien; so sal die toorn van die HERE teen jou ontvlam en jou skielik vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal jou jongmense van My af weglei om ander gode te aanbid. Dan sal die woede van die Here teen jou ontvlam en sal Hy jou vernietig.
Afrikaans 1933/1953 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.
Afrikaans 1983 want hulle sal jou kinders wegrokkel van die Here af en hulle sal ander gode dien. Dan sal die toorn van die Here teen jou ontvlam en Hy sal jou gou uitdelg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want hulle sal jou seun van die Here afvallig maak, sodat hy ander gode dien. Dan sal die toorn van die Here teen julle ontbrand en sal Hy jou gou uitdelg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle dit doen, dan sal julle kinders ophou om die Here te dien en hulle sal ander gode dien. En dan sal die Here kwaad word vir julle en Hy sal julle almal vinnig laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense sal jou kinders van die Here af wegrokkel en hulle sal ander gode begin dien. Dan sal die Here kwaad word en Hy sal jou ook uitwis.