Deuteronomy 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag ook nie met hulle trou nie; jou dogter mag jy nie aan sy seun gee nie, en sy dogter mag jy nie vir jou seun neem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie met hulle ondertrou nie. Moenie toelaat dat jou dogters en seuns met hulle seuns en dogters trou nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie -- jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;
Afrikaans 1983 Jy mag nie met hulle ondertrou nie: jou dogter mag jy nie aan een van hulle seuns gee nie en vir jou seun mag jy nie een van hulle dogters as vrou vat nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie met hulle ondertrou nie. Jou dogter mag jy nie gee aan sy seun en sy dogter mag jy nie vir jou seun as vrou neem nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook nie met hulle trou nie. Julle moenie julle dogters vir hulle seuns gee en hulle dogters vir julle seuns neem om te trou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag ook nie oor en weer met hulle trou nie. Jou dogters mag nie met een van die mense se seuns trou nie en jou seuns ook nie met een van hulle dogters nie.