Deuteronomy 7:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag ook geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie 'n vervloekte soos dit is nie; want dit is 'n vervloekte ding.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie enige van daardie veragtelike goed in jou huis inbring nie, want dan kan jy vernietig word, net soos hulle. Jy moet hierdie goed as veragtelik beskou, want dit is gedoem tot vernietiging.”
Afrikaans 1933/1953 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.
Afrikaans 1983 Moenie so iets afskuweliks in jou huis inbring nie, want dan is jy gedoem om vernietig te word. Jy moet dit verafsku en as afskuwelik beskou; dit moet vernietig word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie so iets verderfliks in jou huis invat nie, want dan is jy self, soos daardie goed, ook onder die ban. Jy moet dit grondig verafsku en 'n diep weersin daarin hê, want dit is onder die banvloek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is dinge wat die Here haat, julle moenie dit in julle huise bring nie, want dan sal julle ook sterf. Julle moet daardie dinge haat en los, julle moet daardie dinge verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Afgode is vir die Here ’n skande. Hy haat hulle; daarom moet jy hulle ook haat. Jy moenie eens iets van ’n afgod in jou huis inbring nie, want dit kan jou lewe verwoes. Vernietig dit.”