Deuteronomy 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer of goud wat daarop is, mag julle nie begeer nie en dit nie vir jou neem nie, dat jy nie daarin verstrik word nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle afgode moet jy met vuur verbrand. Moenie die silwer en goud waarvan hulle gemaak is, begeer nie. Moet dit nie vir jou vat nie. Dit sal ’n valstrik vir jou word, iets wat veragtelik is vir die Here jou God.
Afrikaans 1933/1953 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans 1983 Jy moet hulle afgodsbeelde verbrand. Moenie die silwer en goud wat aan die beelde is, begeer en vir jou vat nie. Jy kan daardeur in 'n valstrik trap: die afgodsbeelde is afskuwelike goed in die oë van die Here jou God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die beelde van hulle gode moet julle verbrand. Jy mag nie die silwer en goud daarop begeer of vir jou vat nie. Anders trap jy daarmee in 'n strik, want daardie goud en silwer is vir die Here jou God afstootlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moet hulle gode se beelde verbrand, julle moenie die silwer en die goud wat aan die beelde is, vir julleself wil hê en dit vat nie, want dan sal julle in 'n vangstrik val. Julle God die Here haat daardie beelde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die beelde van hulle gode moet jy in die vuur gooi. En die goud en silwer waarvan daardie beelde gemaak is, moet jy nie vir jou vat nie. As jy dit doen, kan dit jou verlei om daardie gode te aanbid.