Deuteronomy 7:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE jou God sal daardie nasies bietjie en bietjie voor jou uit verdrywe; jy mag hulle nie dadelik verteer nie, dat die diere van die veld nie op jou vermeerder nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf. Jy sal hulle nie sommer almal eensklaps kan verdryf nie, want as jy dit doen, sal die wilde diere te vinnig teen jou vermeerder.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE jou God sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie teen jou die oorhand kry nie.
Afrikaans 1983 Hy sal daardie nasies die een na die ander verdryf. Jy sal hulle nie almal sommer dadelik kan uitwis nie, want dan sal die wilde diere vir jou te veel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here jou God sal hierdie nasies geleidelik voor jou uitdryf. Jy sal nie toegelaat word om vinnig 'n einde aan hulle te maak nie, sodat die wilde diere van die veld nie vir jou te veel word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle God die Here sal daardie mense wegjaag voor julle, maar julle sal hulle nie almal op dieselfde tyd doodmaak nie, want dan sal die wilde diere in die land te veel word vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal die nasies stadig voor jou wegjaag. Jy hoef nie almal met een slag te vernietig nie, want dan sal die wilde diere weer terugkom en net vir jou ’n oorlas word.